Pablo Software Solutions
Copyright © . All rights reserved.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.
die Uitverkiesing :Website Builder
Troos of Vertwyfeling...? :Luister na die Woord :die Uitverkiesing geskied in Jesus Christus :Wie is 'Ons in Hom' ? :Uitverkies voor die grondlegging van die wêreld :Uitverkies om heilig en sonder gebrek te wees :Voorbeskik tot kinders van God :die Troos van die Uitverkiesing :die Verkiesing van Judas Iskariot :die Pynlike ervaring van Jesus :Het God vir Judas bestem tot verraaier? :Wat van Johannes 17:12 ? :En wat van Romeine 9 ? :Wat is die probleem waarop in Romeine 9 geantwoord word? :Waarom is Israel dan verwerp? :'n Beeld van die Uitverkiesing
Wie is 'Ons in Hom' ?

Wie Is "Ons In Hom"?

Nou mag daar 'n vraag in ons hart opkom: Maar is dit nie net sommige mense wat bestem is om. in Christus verkies te word nie? M.a.w., wil die Here God nie net sommige mense in Christus red nie? Wie is hierdie "ons" wat in Christus is waarvan ons teks spreek; is dit nie net 'n groep mense vir wie Hy gekom het wat "in Hom" kan kom terwyl die res geen geleentheid, geen kans het, om in Hom te kom tot redding nie? Is hulle wat in Christus is, nie gered slegs omdat die Here God hulle wou red en die ander nie?

Die "ons" waarvan hier gespreek word as die uitverkorenes, is die gelowiges in Christus Jesus, ( vers 1 ). En God roep nie slegs sommige op tot geloof nie, maar Hy sê: "Gaan die hele wêreld in en verkondig die Evangelie aan die ganse mensdom. Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word." ( Markus 16:15-16 ). Ons wat in Hom is, is dus ons wat geglo het. Maar hulle wat nie in Hom is nie, is hulle wat nie geglo het nie. Gevolglik kan hulle nie sê dat hulle nie uitverkies was nie, en dat Gods redding in Jesus Christus nie ook vir hulle daar was nie. God roep immers die hele wêreld op tot bekering en geloof in Christus. Daarom sê die apostel Paulus: "God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer ..." ( Handelinge 17:30 ).

Dit laat die Here aan almal verkondig omdat Christus se versoening voldoende is vir die hele wêreld en nie net vir 'n sekere deel nie. "En Hy is 'n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s'n nie, maar ook vir die van die hele wêreld," ( Kosmos). ( 1 Johannes 2:2 ). Christus het vir almal en vir elkeen gesterwe omdat Gods bedoeling met die wêreld is, die redding en die lewe en nooit die verderwing nie! "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy Eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê" (Johannes 3:16 ). (Vergelyk ook Eségiël 18:23 en 33:11; Johannes 3:17; 2 Petrus 3:9, ens.).

Gods genade word dus vir almal aangebied en verkondig in Christus Jesus, en hulle wat in Hom glo, word die uitverkorenes genoem. Daarom sê die Dordtse Leerreëls: "Op diegene wat hierdie Evangelie nie glo nie, bly die toorn van God; maar die wat dit aanneem en die Saligmaker Jesus met 'n ware en lewende geloof omhels, word deur Hom van die toorn van God en van die verderf verlos en met die ewige lewe begiftig." (Dordtse Leerreëls 1ste Leerstuk, par. 4.)

Nou sê ons teks verder dat hulle wat in Christus Jesus is, uitverkies is voor die grondlegging van die wêreld.

    

 

Laaste keer geredigeer: 2008 / Geplaas: 31 Maart 2017